# Rugby: Elf Suid-Afrikaners sal in die Barbarians se beginspan wees vir Saterdag se botsing met ‘n All Blacks-vyftiental in Londen. Die ster van Leicester Tigers, Hanro Liebenberg, is aangewys as kaptein van die span wat ook sy landgenote Bongi Mbonambi, Evan Roos, André-Hugo Venter, Werner Kok, Leolin Zas, Oli Kebble en Cobus Wiese insluit. Die Nieu-Seelandse groep sluit agt toetspelers in asook ‘n groep opkomende jong sterre. Die wedstryd begin Saterdagmiddag kwart oor drie, Suid-Afrikaanse tyd.
Rugby: Elf Suid-Afrikaners in Barbarians se beginspan wat teen ‘n All Blacks-vyftiental speel
