Skip to content

Rugby: Eer en geskiedenis is op die spel in Saterdag se laaste toets tussen Australië en die Leeus

# Rugby: Baie is steeds op die spel in môre se laaste toets tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus in Sydney al het die besoekers reeds die reeks beklink. Die Wallabies wil hul eer herwin nadat hulle in die tweede toets in Melbourne ‘n voorsprong van 23-5 verbeur het. Die besoekers probeer die eerste Leeu-span word om 3-0 te wen, en die eerste om ‘n toer onoorwonne af te sluit sedert die Onoorwinlikes in 1974 die Springbokke drie keer geklop het voor die vierde toets gelykop geëindig het.