Skip to content

Rugby: Du Plessis voer Stormers-23 aan in Curriebeker-aanvangswedstryd

# Rugby: Die losskakel Jean-Luc du Plessis voer vanaand die Stormers-23, voorheen Westelike Provinsie, aan in hulle geskiedkundige eerste Curriebekerwedstryd teen die verdedigende kampioen, Griekwas, in Kaapstad. Die ervare spelskepper lei ‘n span met ‘n goeie mengsel van jeug en ervaring. Ses spelers in die groep speel die eerste keer in die kompetisie: die losskakel Dylan Miller, die vleuel Mfundo Ndhlovu, die agsteman Wandile Mlaba, die slot Tom Barnard, die losvoorspeler Xola Nyali en die buitesenter Dominic Malgas. Afskop is vanaand om vyf oor sewe.