Skip to content

Rugby: Drie veranderinge aan Bokspan vir Junior Wêreldkampioenskap-eindstryd

# Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, het drie veranderinge aangebring aan die span wat Engeland in die Junior Wêreldkampioenskap-halfeindstryd geklop het. Hy het twee aanpassings onder die voorspelers gemaak vir môre se eindstryd teen Frankryk in Georgië, met Wasi Vyambwera wat op nommer agt uitdraf, en Gert Kemp wat na die bank skuif. Risima Khosa begin op flank en Alzeadon Felix kom in op heelagter vir Luan Giliomee, wat ‘n rooikaart gekry het teen Engeland. Afskop is môreaand half-sewe.