# Die Leeus en die Haaie-15 het gister in ‘n opwindende Curriebeker-wedstryd by die Woodburn-stadion in Pietermaritzburg met 22-elk gelykop geëindig . Die Haaie het na die wenners gelyk nadat Meno Barnard se drie in die 76ste minuut hulle met 22-17 laat voorloop het. Die Leeus se heelagter, Gilermo Mentoe, het egter in die oomblikke ná die eindfluitjie ‘n drie gedruk om die telling gelyk te maak. Albei spanne het ‘n waardevolle punt behaal. Griekwas is steeds eerste op die punteleer, gevolg deur die Cheetahs en Pumas, met Boland Kavaliers en die Stormers-23 gesamentlik vierde.
Rugby: Drie in doodsnikke red Leeus van nederlaag teen Haaie in Curriebeker-riller