# Rugby: Dit was ’n dramatiese, maar lonende naweek vir drie van Suid-Afrika se vier spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Bulle, die Haaie en die Stormers het belangrike oorwinnings behaal om op koers te bly vir die uitspeelrondes. Daar was egter bitter teleurstelling vir die Leeus, wat hul vyfde agtereenlopende nederlaag gely het. Dit is ‘n groot terugslag vir hul kanse om die top-agt te haal. Die Bulle is nou derde op die punteleer, die Haaie vierde en die Stormers agtste.
Rugby: Dramatiese, maar lonende naweek vir drie SA spanne in Verenigde Rugbykampioenskap