# Rugby: Die kanse is skraal dat Ierland se kaptein, Caelan Doris, saam met die Britse en Ierse Leeus na Australië sal toer. Die agsteman, wat beskou is as ‘n moontlike toer-kaptein, is beseer en moet ‘n operasie ondergaan, wat hom maande op die kantlyn kan hou. Die Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, gaan na verwagting môre sy toergroep aankondig. Hulle speel drie toetse teen die Wallabies en nog ses wedstryde tydens die toer van 28 Junie tot 2 Augustus.
Rugby: Doris se besering maak deur oop vir ‘n ander kaptein vir Leeus