Skip to content

Rugby: Dis ’n Kaapse Varsitybeker-eindstryd tussen Maties en Ikeys

# Rugby: Die Universiteit Stellenbosch se Maties en Universiteit van Kaapstad se Ikeys meet volgende Maandag in Stellenbosch kragte in die Varsitybeker-eindstryd. Maties is boaan die punteleer, maar moes hard baklei vir hul 19-7-oorwinning oor die verdedigende kampioene, die Vrystaatse Shimlas, in hulle halfeindwedstryd op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch. Ikeys is deur na hul vierde agtereenvolgende eindstryd nadat hulle die Universiteit van Pretoria se Tuks met vyf drieë teenoor vier verslaan het vir ʼn 48-35-oorwinning.