Skip to content

Rugby: Die statistiek begunstig die Bokke Saterdag op Loftus

# Rugby: Die statistiek is in Suid-Afrika se guns in Saterdag se toets teen Skotland op Loftus Versfeld in Pretoria. Die twee lande het reeds 30 keer teen mekaar gespeel, waarvan die Springbokke 25 gewen het en die Skotte slegs vyf. Die wêreldkampioen se grootste oorwinning van 68-10 was in Desember 1997 op Murrayfield in Edinburgh, toe die losskakel Percy Montgomery 26 punte aangeteken het. In 1951 het die Bokke op dieselfde veld 44-0 geseëvier, wat gelei het tot die uitdrukking dat Skotland gelukkig was om nul te kry.