# Rugby: Die beheerliggaam SANZAAR het bevestig dat die Rugbykampioenskap nie volgende jaar gaan plaasvind nie. Die kompetisie, wat die Springbokke die afgelope twee seisoene gewen het, sal plek maak vir internasionale toere, met ‘n aankondiging oor ‘n beplande Nieu-Seelandse toer na Suid-Afrika wat binnekort verwag word. Die kampioenskap sal in 2027 hervat met ‘n vol skedule voor die Wêreldbekertoernooi in Australië. SANZAAR sê die gesamentlike onderneming van die afgelope 30-jaar tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië het die suidelike halfrond nege uit tien Wêreldbekers besorg.
Rugby: Die Rugbykampioenskap gaan nie volgende jaar plaasvind nie