# Rugby: Die eerste deel van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen word hierdie naweek afgesluit. Uit ‘n Suid-Afikaanse oogpunt speel die Bulle vanaand in Skotland teen Glasgow Warriors terwyl die Leeus Ulster môre in Johannesburg pak. Die Haaie verwelkom Scarlets in Durban en die voorloper op die punteleer, die Stormers, speel in Italië teen Benetton. Die Bulle is tans sesde op die punteleer, die Leeus 11de en die Haaie 14de. Die VRK kry na hierdie naweek ‘n blaaskans vir volgende maand se toetse en hervat die laaste naweek van November.
Rugby: Die laaste naweek voor die VRK ‘n blaaskans kry voor die November-toetse