Skip to content

Rugby: Die Griekwas en die Pumas takel mekaar in die Curriebeker-eindstryd

# Rugby: Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley in die Noord-Kaap. In die eerste van gister se twee uitspeelwedstryde het die Griekwas die Leeus in Kimberley met sewe drieë en ʼn telling van 52-12 verpletter. Dis gevolg deur ʼn titaniese stryd in Bloemfontein waar die Pumas ʼn naelskraapse 27-24-sege oor die Cheetahs behaal het. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die eerste en enigste keer in hulle geskiedenis omhoog gehou het.