# Rugby: Die slot Lood de Jager sal in Londen by die Springbokke aansluit nadat Franco Mostert in Suid-Afrika agetergebly het as gevolg van ‘n gesins-verlies. Die Bokke berei voor vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen die Pumas op Twickenham. De Jager het ‘n geringe besering opgedoen teen die All Blacks in Wellington, maar heeltemal herstel en is beskikbaar om gekies te word. Suid-Afrika het tans ‘n voorsprong van ‘n enkele punt boaan die punteleer oor Nieu-Seeland, wat tweede is.
Rugby: De Jager opgeroep om in Engeland by Bokke aan te sluit