# Rugby: Die afrigter van die Springbok-vroue, Swys de Bruin, het sewe voorspelers en een agterspeler op die plaasvervangerbank gekies vir Saterdag se Wêreldbeker-kwarteindstyd teen Nieu-Seeland. Die slot Nolusindiso Booi is kaptein van die span wat hoofsaaklik bestaan uit die spelers wat Italië in ‘n groepswedstryd geklop het. De Bruin sê hulle het op ‘n “bomb squad” besluit om te pas by die profiel van die span, wat daarvan hou om voorlangs te oorheers. Hy beskryf die gebruik van ‘n nuwe pak voorspelers in elke helfte as ‘n taktiese besluit.
Rugby: De Bruin kies ‘bomb squad’ vir Bok-vroue se kwarteindstryd in Wêreldbeker teen Nieu-Seeland