Skip to content

Rugby: Dayimani fiks met Stormers wat vir Scarlets voorberei

# Rugby: Die losvoorspeler Hacjivah Dayimani is beskikbaar vir die Stormers vir Saterdag se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Scarlets in Kaapstad. Hy het verlede naweek se oorwinning oor Bristol Bears misgeloop weens harsingskudding. Hulpafrigter Dawie Snyman sê dis steeds onseker of kaptein Ruhan Nel sal speel, aangesien hy met ‘n ligte kuitbesering sukkel, alhoewel sy onttrekking teen Bristol grootliks ‘n voorsorgmaatreël was. Die Stormers oorweeg ook of hulle sommige Springbokke moet laat rus voor die internasionale gleuf in November. Die span sal na verwagting later vandag aangekondig word.