# Rugby: Die Curriebekerpremierliga skop hierdie naweek af met die Pumas wat die Haaie vanmiddag om vyf-uur in die Mbombela-stadion ontmoet. Die verdedigende kampioen Griekwas begin hul veldtog in Kaapstad teen die Stormers vanaand om vyf oor sewe. Die Curriebeker Eersteliga-halfeindstryde word Saterdagmiddag om drie-uur beslis wanneer die Oostelike Provinsie die Valke in Gqeberha ontvang, en die SWD Arende verwelkom die Luiperds in George. Die Griffons, verlede jaar se kampioene, het nie daarin geslaag om vir die uitspeelrondes te kwalifiseer nie.
Rugby: Curriebekerpremierliga skop hierdie naweek af