# Rugby: Die Leeus het Saterdagaand ‘n oortuigende vertoning gelewer en die Bulle 15-tal heeltemal oorheers vir ‘n 42-19-oorwinning in hul Curriebeker-wedstryd op die stadion van die Universiteit van Johannesburg. Die Bulle moes sonder 45 gekontrakteerde spelers klaarkom en het die afgelope week drie spelers weens beserings verloor. Die Leeus was teen rustyd 28-0 voor en het altesaam ses verdoelde drieë gedruk.
In Kaapstad het die Stormers 23 gistermiddag ‘n sterk vertoning in die laaste kwart van ‘n andersins naelbytwedstryd gelewer, om ‘n welverdiende oorwinning van 36-28 oor die Sharks 15 voor ‘n entoesiastiese skare te verseker.
Die naweek se Curriebeker-kragmetings het Vrydagaand afgeskop toe die Griekwas die Cheetahs hul eerste nederlaag in vanjaar se kompetisie toegedien het deur in Kimberley met 24-21 te wen in ‘n opwindende en vermaaklike wedstryd.
Die naweek-aksie sal vanmiddag om drie uur in Wellington afsluit wanneer die Boland Kavaliers en die Pumas mekaar takel.