# Rugby: Die Bulle kan moontlik bevoordeel word nadat die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap verskuif is vanaf Leinster se tuisveld, die Aviva-stadion in Dublin, Ierland. Die wedstryd sal op die Crokepark-sokkerstadion gepeel word, want Aviva is nie beskikbaar nie. Croke, met sitplek vir meer as 82-duisend toeskouers, sal na verwagting slegs halfvol wees. Kaartjieverkope is hoër as vir Leinster se kwart- en halfeindstryd, maar sal waarskynlik nie naby die 47-duisend toeskouers kom wat na Loftus Versfeld gestroom het vir verlede week se halfeindstryd teen die Haaie nie.
Rugby: Crokepark sal slegs halfvol wees vir die Bulle se VRK-eindstryd teen Leinster