# Rugby: Die Cheetahs het afskeid geneem van ses spelers wie se kontrakte einde Junie verstryk. In ‘n emosionele byeenkoms het spanmaats en personeel die bydraes van hierdie spelers vereer wat die oranje trui met trots gedra het. Die unie het Schalk Ferreira, Jeandré Rudolph, Andisa Ntsila, Laurence Victor, Robert Hunt en Andell Loubser alles van die beste toegewens met hulle toekomstige pogings. Die Cheetahs se SA Beker-veldtog het Saterdag ten einde geloop na ‘n naelskrapse nederlaag in die halfeindstryd teen die Griekwas.
Rugby: Cheetahs vereer ses spelers wat die einde van Junie die Vrystaat verlaat