# Rugby: Die Cheetahs het die Blou Bulle met 62-52 op Loftus Versfeld verslaan om nader te beweeg aan ‘n plek in die Curriebeker-halfeindronde. Die Bulle was met rustyd 17-47 agter, maar het hard geveg tot die laaste minuut. Die Cheetahs kon egter die gashere se laat aanval weerstaan en het nege drieë teenoor die Bulle se agt gedruk om tweede op die punteleer in te skuif, net een punt agter die verdedigende kampioen, die Griekwas. Die Bulle het al vyf hul wedstryde verloor en lê onderaan die punteleer.
Rugby: Cheetahs oorleef ‘n geesdriftige aanslag in die tweede helfte teen die Blou Bulle