# Rugby: Die hoofafrigter van die Cheetahs, Frans Steyn, het verskeie veranderings aan sy span aangekondig om die Valke môre in die SA-beker in Bloemfontein te pak. Jeandré Rudolph is terug in die beginspan. Die flanke is Pierre Uys en Neels Volschenk, en die slotte Victor Sekekete en Carl Wegner. Hencus van Wyk sal die nommer een-trui dra. Clayton Blommetjies is uit weens griep en word vervang deur George Lourens, en Jandré Nel is die skrumskakel. Pieter Jansen van Vuren, Sisonke Vumazonke en Daniel Maartens is op die bank.
Rugby: Cheetahs maak verskeie veranderings vir SA-bekerwedstryd teen die Valke