Skip to content

Rugby: Cheetahs maak verskeie veranderings aan die span wat die Pumas in die Curriebeker aandurf

# Rugby: Cameron Dawson dra die nommer een-trui wanneer hy vanaand in Bloemfontein in sy vyftigste wedstryd vir die Cheetahs uitdraf. Die Vrystaters speel in die Curriebeker teen die Pumas. Vernon Paulo begin op haker en Pierre Raymond Uys kom in a slot. Sasko Ndlovu maak sy buiging op linkerflank. In die agterlyn begin Smiley Nel op skrumskakel en Tiaan Swanepoel op losskakel. Carel-Jan Coetzee is die binne-senter en James Verity-Amm die heelagter. Cohen Jasper beweeg na die linkervleuel. Die afskop is sewe-uur