Skip to content

Rugby: Cheetahs, Leeus behaal naelskraap-oorwinnings in Curriebeker-wedstryde

# Rugby: In ‘n dramatiese dag van Curriebeker-aksie het beide die Cheetahs en die Leeus oorwinnings behaal. In Bloemfontein het die Cheetahs ‘n bonuspuntoorwinning van 31-24 oor ‘n geesdriftige Westelike Provinsie behaal, ten spyte dat hulle die wedstryd weens swak dissipline met 13 man afgesluit het. Intussen het die Leeus die Pumas met 36-35 in Nelspruit geklop, met beide spanne wat vyf drieë gedruk het. Vanmiddag pak die Bulle die Boland Kavaliers op hul tuisveld. Die Cheetahs is boaan die punteleer met die die Leeus en Griekwas wat die tweede plek deel.