Skip to content

Rugby: Cheetahs-kaptein hoop op sege teen Griekwas in sy 100ste wedstryd

# Rugby: Kaptein Victor Sekekete hoop om die Cheetahs in sy 100ste wedstryd te lei na ‘n oorwinning oor Griekwas in vanmiddag se Curriebekerwedstryd in Bloemfontein. Hy beskryf die mylpaal as ‘n droom wat verwesenlik is en sê ‘n oorwinning sal die kersie op die koek wees. Albei spanne het vier van hul vyf vorige wedstryde gewen, met die Cheetahs boaan die punteleer en die besoekers derde. Sekekete sê hulle het hul foute reggestel nadat hulle die Leeus verlede naweek amper toegelaat het om terug te kom in die wedstryd.