Skip to content

Rugby: Cheetahs en Pumas skop die tweede naweek van die Curriebeker in Bloemfontein af

# Rugby: Die Cheetahs en die Pumas skop vanaand die tweede naweek van die Curriebeker-Premierliga in Bloemfontein af. Môre reis Westelike Provinsie na Johannesburg om op Ellispark teen die Leeus te speel, terwyl die Bulle en die Haaie mekaar op Loftus pak. Sondag speel die Griekwas en die Boland Kavaliers in Kimberley. Die Leeus is tans voor op die punteleer, gevolg deur die Bulle, die Pumas en Boland. Die Cheetahs, Griekwas, WP en die Haaie is aan die onderkant van die leer.