# Rugby: Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk is weer in die Cheetahs se span wanneer hulle en die Haaie vanaand die naweek se Curriebeker-aksie in Bloemfontein afskop. Die tuisspan het sy veldtog begin met ‘n naelbyt-oorwinning oor die Leeus, terwyl die besoekers die Pumas verslaan het. Die Leeus verwelkom môremiddag die Pumas in Johannesburg, en Griekwas en die Blou Bulle ontmoet in Kimberley. Sondag gaan die Kaapse bure, Boland en die Stormers-23, in Wellington kragte meet.
Rugby: Cheetahs en Haaie skop naweek se Curriebeker-aksie af