Skip to content

Rugby: Cheetahs boaan Curriebeker-punteleer na oorwinning oor ongelukkige Westelike Provinsie

# Rugby: Die Cheetahs is nou boaan die Curriebeker-Premierliga-punteleer nadat hulle Westelike Provinsie die naweek in Bloemfontein verslaan het. Hulle word gevolg deur Boland Kavaliers wat die Bulle op ‘n volgepakte Boland-stadion in Wellington geklop het. Die Cheetahs en die Kavaliers het albei drie van hulle eerste vier kragmetings gewen. Die Leeus is derde nadat hulle die vyfde-geplaasde Pumas naelskraaps gewen het in Mbombela, en Griekwas is vierde na hulle oorwinning oor die Haaie. WP en die Haaie is onderaan die punteleer nadat hulle al vier hulle wedstryde verloor het.