# Rugby: Die Bulle sal sonder die Springbokke Handré Pollard en Wilco Louw moet klaarkom in Vrydag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht in Galway, Ierland. Pollard keer terug huis toe vir die geboorte van sy tweede kind, terwyl Louw die span verlaat verlaat ingevolge ‘n ooreenkoms met die nasionale span. Daarbenewens is die heelagter Devin Williams beseer tydens die nederlaag teen Ulster terwyl die losskakel, Johan Goosen, dalk nie betyds fiks sal wees nie. Die Bulle het van eerste na sesde plek teruggeval na die nederlaag van 28-7.
Rugby: Bulle speel sonder Pollard en Louw teen Connacht