Skip to content

Rugby: Bulle skuif op na vyfde plek op VRK-punteleer na hulle Dragons ‘n loesing toedien

# Rugby: Die Bulle het na vyfde plek op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer opgeskuif toe hulle die Dragons 47-7 geklop het in Wallis. Die besoekers het sewe drieë gedruk – deur Embrose Papier, Johan Grobbelaar, Marcell Coetzee, Devon Williams, Sergeal Petersen en twee deur Marco van Staden, terwyl Springbok-losskakel Handré Pollard en David Kriel albei drie verdoel het. Die gashere het slegs ‘n enkele drie gedruk. Die Stormers speel vandag tuis in Kaapstad teen Connacht, die Leeus in Johannesburg teen Glasgow Warriors en die Haaie in Wallis teen die Ospreys.