# Rugby: Die Bulle het gister geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse span te word wat Munster in die Verenigde Rugbykampioenskap op hul tuisveld klop. Afrigter Jake White sê dit was sy span se begeerte om te wen wat hulle die 16-13 oorwinning besorg het. In die laaste minute van die wedstryd moes die Bulle aanhoudende aanvalle van Munster afweer voordat hulle uiteindelik ‘n hanteerfout van die tuisspan afgedwing het. Die Bulle, derde op die punteleer, kom Vrydag in Glasgow teen Glasgow Warriors te staan wat in die tweede plek is.
Rugby: Bulle se begeerte om te wen beklink 16-13 oorwinning oor Munster