Skip to content

Rugby: Bulle sal selfs nie eens ‘n onervare Leinster onderskat nie

# Rugby: Die Bulle sal Leinster nie onderskat in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd nie, selfs as die besoekers ‘n onervare span aankondig. Die Ierse klub, wat tans boaan die VRK-punteleer is, het nog nie hul toergroep bekendgemaak nie, nadat 16 van hulle spelers die afgelope naweek vir Ierland gespeel het in die Sesnasies-wedstryd teen Italië. Die Bulle se losvoorspeler, Nizaam Carr, sê hulle berei voor asof hulle teen Ierland speel, aangesien enige span wat deur die gewese Springbok-breier Jacques Nienaber afgerig word, altyd gerespekteer moet word.