Skip to content

Rugby: Bulle pak Leinster met 16 Bokke in die groep

# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, het 16 Springbokke ingesluit in sy groep wat die Ierse span Leinster vanaand in Dublin pak in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Daar is elf toetsspelers in die opdrafspan en nog vyf op die bank. Die Bok-veteraan Willie le Roux sal die nommer 15-trui dra, met Handré Pollard en Embrose Papier die skakelpaar. Ander Bokke in die groep sluit in die kaptein, Marcell Coetzee, Gerhard Steenekamp, ​​Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie. Afskop op Croke-park is vanaand 8:30, Suid-Afrikaanse tyd.