Skip to content

Rugby: Bulle pak Connacht met heeltemal ander opdrafspan en nuwe kaptein

# Rugby: Reinhardt Ludwig sal môreaand kaptein wees van ‘n feitlik nuwe Bulle-span vir die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht in Galway, Ierland. Hoofafrigter Johan Ackermann het elf veranderinge aan sy opdrafspan gemaak na verlede week se nederlaag teen Ulster wat die Pretoriase span van eerste na sesde op die punteleer laat tuimel het. Die span is sonder die Springbok-losskakel Handré Pollard, wat terug is in Suid-Afrika vir die geboorte van sy tweede kind. Keagan Johannes sal die nommer tien-trui dra, met die Springbok-staatmaker Willie le Roux op heelagter.