# Rugby: Die Bulle is nog nader aan ‘n tuishalfeindstryd na ‘n verpletterende oorwinning van 45-21 op Loftus Versfeld oor die Walliese span Cardiff, danksy ‘n kragtige voorspeler-vertoning en ‘n meesterklas deur Willie le Roux. Le Roux het as spelmaker ingespring en gehelp met drie van die Bulle se drieë, nadat ‘n beseerde Johan Goosen die veld moes verlaat. Vir die Bulle het Harold Vorster, Wilco Louw, Canan Moodie en Cameron Hanekom elkeen ‘n drie gedruk, met twee deur Sebastian de Klerk. Keagan Johannes het met vyf doelskoppe geslaag, met Johan Goosen wat nog ‘n doelskop en ‘n strafskop bygevoeg het.
Rugby: Bulle nog nader aan tuishalfeindstryd