# Rugby: Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh môre op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van Rugby, Jake White, het nege Springbokke in sy beginspan ingesluit met sterre soos Akker van der Merwe en Marco van Staden op die bank. Afskop is om 1.30nm.
Rugby: Bulle kies Papier as skrumskakel vir VRK-kwarteindstryd teen Edinburgh