# Rugby: Die Bulle en die Stormers het opgeskuif op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer ná die naweek se oorwinnings. Die Bulle het van sewende na derde verbeter nadat hulle die Leeus 57-15 verneder het in die Jukskei-derby op Loftus. Die Stormers het van agtste na vierde verbeter ná hul oorwinning van 39-22 oor die Haaie in Kaapstad. Die Haaie is nou vyfde en die Leeus sewende. Al vier Suid-Afrikaanse spanne het twee van hul eerste drie wedstryde gewen. Die Skotse span Edinburgh is eerste en Glasgow Warriors van Wallis tweede.
Rugby: Bulle en Stormers verbeter hul posisies op VRK-punteleer ná naweek-oorwinnings