# Rugby: Die Bulle is deur na die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap met ‘n oorwinning van 25-12 oor die Haaie voor 47-duisend ondersteuners op Loftus Versfeld in Pretoria. Ten spyte van drie geel kaarte in die eerste helfte, was die Bulle met 15-3 voor teen rustyd. Beide spanne het in die tweede helfte 10 punte bygevoeg. Die Bulle speel Saterdag in Ierland teen Leinster in die eindstryd. Die Iere het maklik deurgedring met ‘n oorwinning van 37-19 in die halfeindronde oor die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors.
Rugby: Bulle deur na VRK-eindstryd na oorwinning oor Haaie