# Rugby: Ruan Nortjé en Cameron Hanekom is terug in die Bulle se opdrafspan vir môre se Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh in Skotland nadat hulle verlede naweek teen Bayonne op die bank was. Die Springbokhaker Johan Grobbelaar is ook op die bank saam met Johan Goosen en Canan Moodie, en ander Springbokke Marco van Staden, Jan-Hendrik Wessels en Embrose Papier. Keagan Johannes behou die nommer 10-trui. Die afskop is môre om half-twee.
Rugby: Bulle bring nog meer Bokke in vir kwarteindstryd in Uitdaagbeker teen Edinburgh