Skip to content

Rugby: Bulle appelleer teen Bok-voorspeler, Wessels se skorsing vir vuilspel wat nie bewys is nie

# Rugby: Die Bulle appelleer teen hulle Springbok-voorspeler Jan-Hendrik Wessels se swaar skorsing van nege weke ondanks ‘n oënskynlike gebrek aan duidelike bewyse. Hy is gestraf nadat Connacht se flank, Josh Murphy, hom daarvan beskuldig het dat hy hom tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die bene gegryp het. Die Bulle sê geen nuwe videobewyse is tydens die dissiplinêre verhoor aangebied nie, en Wessels is blykbaar geskors op grond van dieselfde beeldmateriaal waaruit die skeidsregters geen bewyse van vuilspel kon bepaal nie. Indien die skorsing gehandhaaf word, is sy seisoen verby.