Rugby: Die Britse en Ierse Leeus vertrek vandag na Australië, ná ‘n nederlaag van 28-24 teen Argentinië in hul opwarmingstoets in Dublin gister. Die nuwe hoofafrigter Andy Farrell was egter nie bekommerd oor die nederlaag nie. Hy sê dit is waardevol vir sy span om so vroeg in die toer ‘n mededingende wedstryd te speel. Dit was die Pumas se eerste oorwinning in agt wedstryde teen die Leeus, en die Leeus het vir die eerste keer sedert 1971 ‘n toer-openingswedstryd verloor. Die Leeus speel volgende naweek teen Western Force in Perth.
Rugby: Britse en Ierse Leeus verloor opwarmingswedstryd teen Argentinië