Skip to content

Rugby: Britse en Ierse Leeus se toergroep op 8 Mei bekendgemaak

# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se toerspan na Australië sal vroeg in Mei in Londen aangekondig word. Die toeriste sal van 28 Junie tot 2 Augustus drie toetse teen die Wallabies speel, asook ‘n verdere ses wedstryde. Die Leeus het Australië 2-1 geklop gedurende hulle vorige besoek in 2013. Daarna het hulle in 2017 die reeks met die All Blacks gedeel en in 2021 2-1 teen die Springbokke verloor. Die toeriste besoek al sedert 1888 elke vier jaar om die beurt die drie suidelike halfrondlande.