Skip to content

Rugby: Bokvroue-senter Mpupha sê die Wêreldbeker-wedstryd teen Italië is die grootste van hulle lewens

# Rugby: Die Springbok-vroue se senter, Zintle Mpupha, beskou Sondag se Wêreldbeker-wedstryd teen Italië in York, Engeland, as die grootste wedstryd van hul lewens. Suid-Afrika sal in ‘n sterk posisie wees om vir die kwarteindronde te kwalifiseer as hulle die Italianers klop nadat hulle Brasilië in hulle eerste wedstryd 66-6 afgeransel het. Die Bokke is 12de op die wêreldranglys en Italië agtste. Mpupha sê Italië is ‘n baie bekwame span met goeie aanvallende vaardighede, en sy verwag ‘n wonderlike wedstryd. Afskop is Sondagmiddag half-vyf.