# Rugby: Die Springbokke het seker gemaak hulle sluit hul tuisveldtog van die Nasieskampioenskap af met sewe drieë in ‘n oortuigende 43-0 oorwinning oor Wallis op Kings Park in Durban. Dit was die derde agtereenvolgende wedstryd wat die Bokke met ‘n bonuspunt gewen het, wat beteken hulle het tot dusver die maksimum punte uit hul wedstryde verdien. Dit plaas hulle gelyk met die All Blacks in die suidelike groep, maar hulle is steeds voor op punteverskil. Die nuwe kompetisie neem nou ‘n blaaskans totdat die spanne uit die suidelike halfrond in November die noorde aandurf.
Rugby: Bokke verpletter Wallis weer