# Rugby: Die Springbokke het besluit om nie te appelleer teen Jasper Wiese se skorsing van vier wedstryde vir die rooikaart wat hy in die tweede toets teen Italië in Gqeberha gekry het nie. Hy sal Saterdag se toets teen Georgië in Mbombela misloop, asook die eerste drie Rugbykampioenskaps-wedstryde. Afrigter Rassie Erasmus het die tugproses geloof en sê Wiese het sy kant van die storie goed weergegee nadat hy die Italiaanse stut Danilo Fischetti met die kop gestamp het. Erasmus glo die skorsing is regverdig.
Rugby: Bokke sal nie teen Wiese se vier-week skorsing na sy rooikaart teen Italië appelleer nie