# Rugby: Die Springbokke kan die eerste keer ooit twee agtereenvolgende Rugbykampioenskaps-titels inpalm as alles Saterdag volgens plan verloop. Suid-Afrika speel op Twickenham in London teen Argentinië na oortuigende oorwinnings oor die All Blacks en die Pumas na gemengde uitslae in die die eerste drie rondes. As die Bokke Los Pumas weer klop, sal selfs ‘n oorwinning met 100-punte vir die All Blacks oor die Wallabies vroeër Saterdag nie genoeg wees nie. As Suid-Afrika egter verloor, sal die uitslag van die kragmeting tussen Nieu-Seeland en Australië die kampioen bepaal.
Rugby: Bokke kan die eerste keer agtereenvolgende Rugbykampioenskaps-titels wen