# Rugby: Springbokkaptein Siya Kolisi en hulpafrigter Mzwandile Stick beskryf hulle voorlaaste Rugbykampioenskapwedstryd teen die Pumas vanmiddag in Durban as ‘n “halfeindstryd.” Hulle sê hulle behandel die besoekers met die “respek” wat hulle verdien op die vooraand van hierdie belangrike kragmeting. Met die Wallabies, Bokke, All Blacks en Argentinië wat almal nog die kompetisie kan wen, verwag Kolisi en Stick ‘n reusestryd. Hulle beklemtoon dat hulle voluit konsentreer op hulle doelwitte vir die wedstryd. Dit is die laaste wedstryd wat die Bokke hierdie jaar in Suid-Afrika speel. Die afskop is om 5.10nm.