Skip to content

Rugby: Bokke begin seisoen met groot oorwinning oor Barbarians

# Rugby: Die Springbokke het gister hul 2026 internasionale veldtog afgeskop met ‘n oortuigende oorwinning van 80-31 oor die Barbarians in Gqeberha. Die Springbokke het altesaam 12 drieë in die wedstryd gedruk met ‘n driekuns deur Edwill van der Merwe. Pieter-Steph du Toit, Jasper Wiese, Riley Norton, Cheslin Kolbe, JJ Kotze, Faf de Klerk, Jesse Kriel, Andre Esterhuizen en Zachary Porthen het elk ‘n drie bygevoeg, met Kolbe wat 9 drieë verdoel het, vir ‘n persoonlike bydrae van 23 punte. Andrew Kellaway het twee drieë vir die Barbarians gedruk, met Frank Molina, TJ Perenara en Virimi Vakatawa wat elk een bygevoeg het.