Skip to content

Rugby: Bok-vrouespan fokus nou op Italië na segetog teen Brasilië in Wêreldbeker groepwedstryd

# Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vrouespan, Swys de Bruin, sê hulle fokus skuif nou na Italië nadat hulle Brasilië met 66-6 vermorsel het in hulle eerste Wêreldbeker-wedstryd. Nommer agt, Aseza Hele, het drie van Suid-Afrika se tien drieë gedruk. De Bruin sê al is Brasilië die laagste-gekeurde span in die toernooi, is hy steeds trots dat sy span vir 80-minute voluit gespeel het. Hy meen egter hulle moet hul balhantering verbeter. Die Bokke speel Sondag teen Italië en hulle laaste groepwedstryd is ‘n week later teen Frankryk.