Skip to content

Rugby: Bok-vroue wil Suid-Afrika trots maak by die Wêreldbekertoernooi

# Rugby: Die Springbok-vroue se hoofafrigter, Swys de Bruin, sê hulle hoofdoel op die Wêreldbekertoernooi is om Suid-Afrika trots te maak. Hulle is vol vertroue na die onlangse oortuigende oorwinning oor Nieu-Seeland se Black Ferns-vyftiental. Die Bokke speel in Groep D teen Brasilië, Frankryk en Italië, met die voorste twee spanne wat deurdring na die kwarteindronde. De Bruin sê die toernooi is die grootste geleentheid nog vir die meeste spelers, terwyl onderkaptein Babalwa Latsha glo dit gaan ‘n keerpunt wees in die vrouespel.