# Rugby: Die Springbok-vroue het teruggesak na die tiende plek op die wêreldranglys ná hul tweede opeenvolgende toetsnederlaag teen Ierland in die W-15-wêreldreeks. Ierland het Saterdag in Kaapstad met 38-17 gewen, ná hul oorwinning van 40-27 die vorige naweek. Suid-Afrika sou tot die agtste plek op die wêreldranglys gevorder het indien hulle Ierland vir die eerste keer ooit kon klop. Die span se medehoofafrigter, Franzel September, sê hulle het vanjaar goeie vordering gemaak, en die volgende fase van hul ontwikkeling sal wees om spanne soos Ierland te verslaan.
Rugby: Bok-vroue sak terug op wêreldranglys ná tweede nederlaag teen Ierland